|
Gaan Loer op ons blad
VIR BAIE boererate hoef ’n mens niks verder te soek as die kombuis nie:
- Kruiedokters verkondig al lank dat skyfies rou aartappels of uie die byte of steke van insekte kan verlig.
- As jy oorpyn het, kan jy ’n bietjie knoffel of uiesap net so effentjies warm maak. Gooi ’n paar druppels in die oor en verseël dit met ’n wattepluisie. Dit help om olie en slym in die oor op te breek en om infeksie te beveg.
- As jou keel seer is, gooi ’n bietjie sout in warm water en gorrel.
- As jy ’n hoesmiddel nodig het, probeer heuning in water met suurlemoensap of appelasyn.
Hoewel ’n mens moet onthou dat geen boereraat die plek van jou dokter kan inneem by ernstige siektes nie, lyk die rate hierbo almal betreklik onskuldig. Dit geld veral vir minder ernstige ongesteldhede.
|
|