Plaasmoorde is Blykbaar nie op Ras Gemik nie

plaasmoorde640x480-300x225 PRETORIA – Bheki Cele, adjunkminister van landbou, het Dinsdag gesê aanvalle op plase, wat dikwels met die moord op plaaseienaars gepaardgaan, het niks met die slagoffers se ras te doen nie.

Bheki het gesê hulle doen ʼn beroep op almal, ook die media – om die raskwessie uit plaasmoorde te haal. Die mense wat doodgemaak word, is boere. Hulle het glo gesien boere kom onder aanval, hetsy hulle wit, swart, geel, groen of pers is, en hulle hanteer dit so. Op grondgebied van boerdery, neem hulle dit ernstig op.

Volgens Bheki het die departement van landbou ʼn beperkte rol in die bestryding van plaasmoorde. Landbou kan blykbaar nie sê hulle gaan diegene wat die boere vermoor in hegtenis neem nie. Hulle wens glo hulle kon, maar kan nie asook om hulle te skiet nie. Daar moet goeie kommunikasie wees tussen boere en hul plaaswerkers. Daar is ʼn behoefte aan vinnige reaksie deur polisiestasies rondom die plase.

Senzeni Zokwana, minister van landbou, het Dinsdag gesê die aanval op boere is ʼn kommerwekkende neiging. Zokwana het tydens die mediakonferensie gesê hy is nie bereid om besonderhede te gee oor ʼn strategie om plaasmoorde te beveg nie – Maroela Media