http://geloftevolkrepublikeinegermany.page.tl/
Gestbook ONS Gaste Boekie G R LINKS
Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis

Geloftevolk Republikeine Germany

Safety Hints

      

Huis en Haard

 

1. Moet nooit dieselfde roetes na en van die huis volg nie.

2. Moet nie net aanneem alles is veilig wanneer die huis verlaat of ingegaan word nie.

3. Plaas huishoudelike wapentuig op strategiese plekke binne in die huis.

4. Hou `n hond binne-in die huis aan.

5. Maak seker alle deure is gesluit wanneer u gaan slaap, asook dat alle huisbewoners weet waar om die sleutels te kry in tye van nood.



      

Let op na die tekens by jou huis

“Z” of “X” op stopteken of op pad geverf / gekrap - ’n paar huise in die straat wat geroof kan word / goeie straat om in te “werk”
Verfmerke / krapmerke word herhaal op mure of randsteen of in straat voor huise KLIPPE EN STENE
Klomp klein klippies opmekaar gestapel – daar is honde
Gebruik ook deesdae plastiese koeldrank / melkbottel proppies in verskillende kleure
Twee groot klippe langs mekaar is – gewoonlik 2 ou mense / weerloses / slegs vrouens
Klippe langs mekaar in ’n ry - dui aan hoeveel mense in die huis bly / op plaas is
Bakstene / "paving" - verwag 'n roof / ROOI
Dui gewoonlik op gevaarlike teiken / gaan weerstand kry / roof / kaping / plaasaanval
Coke blikke / bottels / rooi lap / lint / KFC boks – weerstand verwag / persone met vuurwapens / mense wat paraat is / goeie hekke en diefwering / alarm??
Weet jy het ’n wapen / is paraat - gewoonlik 2 of meer Coke blikkies / bottels / ander rooi teken + kombinasie met klippe / stene
Coke blik / bottel oopkant na huis – gemerk – iemand tuis
Coke blik, ander teken wat regop staan – niemand in huis?? / minder gevaarlike teiken
Rooi lint / sak, met of sonder knope in – pasop vir honde gif!!
Rooi tekens ook in kombinasie met klippe / “paving” / takke / proppies, ens voertuigdiefstal / kaping / geld in huis??



      
 

Hoe kinders hulself kan beskerm:
1. Vertel altyd vir jou ouers waarheen jy gaan en waar jy gaan wees.
2. Moet nooit iemand in die erf of huis binnelaat as jy alleen is nie.
3. Gaan roep altyd eers jou ouer(s) as daar iemand by die deur of hek is voordat jy hulle binne laat.
4. Moet nooit saam met iemand in ‘n kar klim, as dit nie eers met jou ouers gereël is en bevestig is deur byvoorbeeld 'n kodewoord nie.
5. Moenie as iemand huis toe bel sê dat jou ouers nie by die huis is nie. Sê eerder
dat hulle op die oomblik besig is en neem ‘n boodskap.
6. Moet nooit alleen na ‘n publieke badkamer gaan of na `n afgeleë plek nie.
7. Vermy kortpaaie en loop of ry eerder waar daar motors en mense is.
8. Moenie alleen by `n afgeleë parkie/ speelterrein speel nie.
9. Gaan na die naaste winkelassistent en/of betaalpunt as jy verdwaal of wegraak in 'n winkel.
10. Geskenke en lekkergoed moenie by vreemdelinge geneem word nie.
11. Moet nooit ryloop of `n saamrygeleentheid aanvaar nie.
12. Indien `n kar jou volg of ongemaklik stadig langs jou ry, hardloop weg en skree. Hardloop in die naaste erf in waar jy mense sien, maar moenie wegkruip nie.
13. As `n vreemde volwassene vir jou aanwysings vra, draai om en stap weg.Moenie met hulle praat nie.
14. As iemand jou gryp en in ‘n kar of gebou in wil forseer – skree en krap die persoon.
15. Vreemdelinge wat gereeld by die skool of huis gesien word en sonder `n doel daar ronddrentel, moet aangemeld word by die onderwyser of ouer.
16. As `n volwassene vir jou sê dat hy aan jou `n geheim wil vertel, sê aan hom jy wil dit nie hoor nie.
Indien ‘n skelm dit regkry om jou te ontvoer, moet jy die volgende doen sodat die Polisie jou kan opspoor:
Trek van jou hare uit en druk dit tussen die sitplekke in
Maak seker jou vingerafdrukke is sigbaar op vensters
Skop jou toon stukkend dat daar bloed is
Kou jou naels af en druk dit tussen die motor se sitplekke.

Kinderveiligheid!!!!!
Kinders is kosbaar en ons as volwassenes het almal ‘n verantwoordelikheid om kinders te versorg en te beskerm. Die realiteit is dat daar wel volwassenes is wat daarop uit is om kinders te benadeel en aan te wend in hul (volwassenes) se eie belang tot nadeel van die kinders.
Ons as ouers, onderwysers en volwassenes moet voorbereid wees op die aanslae wat daagliks op kinders gemaak word - daarom moet ons ingelig wees. Hier volg ‘n paar basiese wenke om kinders te beskerm.

Wat ouers kan doen om hul kinders te beveilig:
1. Kinders moet gereeld ingelig en herinner word aan veiligheidsmaatreëls. Dit moet egter nie op só `n wyse hanteer word, dat vrees by die kind gekweek word nie.
2. Kinders moet bewus gemaak word van gevaartekens, maar moet nie in vrees leef nie.
3. Indien `n kind vir jou iets vertel, maak seker dat jy werklik luister na wat die kind vertel, aangesien die inligting van baie waarde kan wees. "Luister" ook na lyftaal van die kind.
4. Motiveer `n kind dat indien hy/sy ongemaklik voel oor die manier waarop `n persoon na hom kyk of hom aanraak, die kind dit vir `n volwassene wat hy vertrou gaan vertel. Die volwassene moet dan luister.
5. Kinders wat alleen by `n huis is moet NOOIT die voordeur antwoord indien daar iemand aanklop nie.
6. Die voordeur moet nie eers beantwoord word nie, selfs al is dit ‘n bekende persoon, aangesien statistiek bewys dat dit in 75% van die gevalle bekende persone is wat kinders ontvoer en molesteer.
7. Kinders moet geleer word om eers hul ouers te roep indien daar iemand by die huis opdaag voordat hulle die hek of deur vir die persoon oopmaak.
8.Indien kinders alleen by die huis is en die telefoon lui, moet hulle nooit aandui dat hulle alleen by die huis is nie. Kinders moet eerder geleer word om te sê dat hul ouers nie op die oomblik beskikbaar is nie en `n boodskap neem.
9. Kinders moet onder geen omstandighede persoonlike inligting oor die telefoon weergee nie.
10. Noodnommers moet beskikbaar en sigbaar wees indien `n kind in nood verkeer en vir hulp moet bel.
11. Omliggende bure se kontaknommers moet tot die kinders se beskikking wees.
12. Ouers moet seker maak dat hul altyd gekontak kan word indien hul kinders alleen tuis is.
13. Indien die ouers nie gekontak kan word deur die kinders in geval van nood nie, moet alternatiewe kontakpersone en nommers tot die kinders se beskikking wees.
14. Noodreaksie moet ingeoefen word by die huis. Byvoorbeeld :
Wat doen jy as jy ‘n vreemde persoon in die erf sien?
Waar moet die kind wegkruip?
Waar is die onderskeie paniekknoppies?
Waar word die brandblussers gestoor?
Waar is die sleutels van die deure?
15. Kinders moet hul eie adres en ouers se kontaknommers ken.
16. Ouers en kinders moet afspreek waar hul mekaar sal ontmoet indien een van die twee partye om onvoorsiene redes mekaar nie kan opspoor nie. Bv. Mamma sal jou altyd in die klas kom haal. As jy nie vir mamma kry nie – gaan wag altyd by die klas.
17. Besluit saam oor `n kodewoord waarvan net jy en jou kind weet. Indien dit nodig is om alternatiewe reëlings te tref ten opsigte van byvoorbeeld vervoer, moet die kodewoord deur die persoon wat die kind gaan haal aan die kind gegee word. So sal die kind weet dat sy ouers wel die alternatiewe reëlings getref het.
18. Kinders word verwar deur ouers wat met "vreemdelinge" praat. Kinders moet bewus gemaak word dat hul slegs met vreemdelinge mag praat indien hulle in lewensgevaar verkeer.
19. Kinders moet daarop gewys word dat "slegte vreemdelinge” net soos goeie vreemdelinge lyk en dat dit daarom beter is om nie met vreemdelinge te praat nie.
20. Kinders se name moet nooit sigbaar op hul klere en tasse wees nie. Die volwassene kan kinders op hul name noem en sodoende vertroue wen.
21. Ouers moet altyd weet waar hul kinders hul bevind.
22. Moet nooit jou kind alleen laat in ‘n kar, stootwaentjie of winkeltrollie nie.
23. Gaan altyd saam met jou kinders na `n publieke badkamer.
24. Kinders moet geleer word om nie saamrygeleenthede en geskenke van vreemdeling te aanvaar nie.
25. Kinders moet geleer word om altyd in ‘n groep te beweeg of saam met hul ouers of hul vriende te bly, veral op skooluitstappies en in winkelsentrums
26. Kinders moet ingelig wees oor kinderontvoerings en die gevaar waarin hulle moontlik kan verkeer.
27. Verseker jou kind dat indien hy/ sy jou kontak as hulle in `n ongemaklike situasie verkeer, jy hulle altyd sal gaan haal en beskerm.
28. Leer jou kind om moontlike gevaarsituasies te kan identifiseer en om na fynere besonderhede op te let om dit later deur te gee indien nodig.
29. Lei jou kind om in “survival mode” te dink indien hul in ‘n gevaarsituasie verkeer.



      

BELANGRIK!!!!!!!!

 Ouers, het u al gehoor van MYMOBILEWATCH? Dit is selfoon-sagteware wat ouers in staat stel om beheer uit te oefen oor inligting wat op hulle kinders se selfone verskyn. U kind kan dus beskerm word teen selfoon-gevare soos kuber-afknouery, “sexting” en seksuele aanvoring. Sodra u kind onbehoorlike SMS’e, MMS’e of oproepe ontvang, word u as ouer onmiddellik daarvan verwittig via ‘n SMS of e-pos. Vir verdere inligting, besoek die webtuiste: www.mymobilewatchdog.co.za



      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


















 

ALL RIGHTS RESERVED TO Geloftevolk Republikeine Germany TILL 2018


 







WESKAAP

G R

BENONI / BOKSBURG

NUUSBLAD


GOOGLE BLOG

V S

GELOFTEVOLK 777
FRIENDS WORLD WIDE








GR BOTSWANA


Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free