http://geloftevolkrepublikeinegermany.page.tl/
Gestbook ONS Gaste Boekie G R LINKS
Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis

Geloftevolk Republikeine Germany

Gedigte

      
AFRIKAANSE GEDIGTE

Gedigte vertel ‘n storie, en skrywers dig oor hul eie ervarens, gevoelens en ook oor hul volksskap.
Hier is ‘n paar pragtige gedigte vir u om te lees en te bewaar vir die nageslag.

Amakeia (AG Visser)
In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.

Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:

"Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
stil maar, al is Mammie ver."

Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.

Liefd'ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia's
vrind'lik-troue swart gesig.

Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.

Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.

"Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan."

Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
"Spaar hom, hy's so klein nog," smeek sy
met die hande uitgestrek.

Woedend tier die wilde bende:
"Sterf of gee die wit kind hier!"
"Oor my lewelose liggaam ..."
antwoord Amakeia fier.

"My belofte aan my nonna -
beste wat daar ooit nog was -
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas."

"Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen -
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!"

In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
"Tula - Tula - stil, my kind!"


    
 
 Al sterwe julle ook sewe dode
Dalk erg gemartel tot die dood
Voor ‘n vuurpeloton of ‘n galg
Al word julle uitgegiet as niks

Al blus hulle ook julle vuur
Of smoor julle ware vryheid
Al sterwe julle ook sewe dode
Kom julle maar net weer terug

Julle gees kan hulle nie knak
Want julle is Boere van hart
Boere vol van moed en daad
Wat sal vasstaan in julle reg

Wie kan julle beroof van Boerwees

As julle waarlik vasstaan as Boere
Dit is julle groot reg en julle trots
Om Boere te wees in al julle reg


    
 
 
Wittekind in die Konsentrasiekamp
(Aliwal Noord, 1901) O, pazienza, pazienza che tanto sostieni! Dante. Jou oê is nat met die trane van gister;
Jou siel is gemartel, deur smarte gepla;
Van vrede en pret was jy vroër ‘n verkwister;
En nou, wat bly oor van jou rykdomme? Ja,
‘n Spreekwoord tot steun–daar’s geen trooswoord beslister:
“Geduld, o geduld, wat so baie kan dra! Hier sit jy te koes teen die wind, wat daar suie
Yskoud deur die tentseil, geskeur deur die hael–
Jou enigste skuil in die nag teen die buie;
Die Junielug stort oor die stroom van die Vaal–
Jy hoor net die hoes van jou kind, en die luie
Gedrup van die reendruppeltjies oor die paal. ‘n Kers, nog maar anderhalf duim, voor hy sterwe,
Brand dof in ‘n bottel hier vlak naas jou bed.
(‘n Kafhuis gee makliker rus: op die gerwe
Daar lê ‘n mens sag, en sy slaap is gered!)
En hier in die nag laat jou drome jou swerwe
‘n Aaklige rondte met trane besmet. Hier struikel die kind, wat te vroeg was gebore;
Hier sterwe die oumens, te swak vir die stryd;
Hier kom ‘n gekerm en gekreun in jou ore;
Hier tel jy met angs elke tik van die tyd;
Want elke sekond van die smart laat sy spore
Gedruk op jou hart, deur ‘n offer gewyd. En deur elke skeur in die seil kan jy duister
Die wolke bespeur oor die hemel verbrei;
Geen ster skyn as gids; na geen stem kan jy luister–
(Eentonig die hoes van jou kind aan jou sy!)
Wat sag deur die wind in jou ore kom fluister:
“Geduld, o geduld, wat so baie kan ly! Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?
Die smarte, die angs, het so baie gepla!
Die yster het gloeiend ‘n merk vir die eeue
Gebrand op ons volk, en die wond is te na,
Te na aan ons hart en te diep in ons lewe–
“Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!” Uit: Oom Gert Vertel en Ander Gedigte,  C. Louis Leipoldt, Uitg. Mij. v/h. J. Dusseau & Co, Kaapstad 1921

C. Louis Leipoldt (1880-1947)

In die konsentrasiekamp

Aliwal-Noord, 1901

O, pazienza, pazienza che tanto sostieni! – Dante

Jou oë is nat met die trane van gister;
Jou siel is gemartel, deur smarte gepla;
Van vrede en pret was jy vroeër ’n verkwister;
En nou, wat bly oor van jou rykdomme? Ja,
’n Spreekwoord tot steun – daar’s geen trooswoord beslister:
“Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!”

Hier sit jy en koes teen die wind wat daar suie
Yskoud deur die tentseil, geskeur deur die hael –
Jou enigste skuil in die nag teen die buie;
Die Junie-lug stort oor die stroom van die Vaal –
Jy hoor net die hoes van jou kind, en die luie
Gedrup van die reëndruppeltjies oor die paal.

’n Kers, nog maar anderhalf duim voor hy sterwe,
Brand dof in ’n bottel hier vlak naas jou bed.
(’n Kafhuis gee makliker rus: op die gerwe
Daar lê ’n mens sag, en sy slaap is gered!) –
En hier in die nag laat jou drome jou swerwe
’n Aaklige rondte met trane besmet.

Hier struikel die kind wat te vroeg was gebore;
Hier sterwe die oumens te swak vir die stryd;
Hier kom ’n gekerm en gekreun in jou ore;
Hier tel jy met angs elke tik van die tyd;
Want elke sekond’ van die smart laat sy spore
Gedruk op jou hart, deur ’n offer gewyd.

En deur elke skeur in die seil kan jy duister
Die wolke bespeur oor die hemel verbrei;
Geen ster skyn as gids; na geen stem kan jy luister
(Eentonig die hoes van jou kind aan jou sy!)
Wat sag deur die wind in jou ore kom fluister:
“Geduld, o geduld, wat so baie kan ly!”

Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe?
Die smarte, die angs het so baie gepla!
Die yster het gloeiend ’n merk vir die eeue
Gebrand op ons volk; en dié wond is te ná –
Te ná aan ons hart, en te diep in ons lewe –
“Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!”
–uit: Groot Verseboek, 2000

Reenwolke vat hande en verdonker die aarde
trek saam soos impies voor 'n boere-skare

Miere pak-op en pak die groot trek aan
en pasgebore-blom-knop-babas glimlag skaam

Winter-geel gras maak reg om laas seisoen se vaal-kleed af te skud
en sonbesies pak weg vir 'n af-dag se dut

Kameeldoringbome staan sterk
soos Afrikaner-osse na 'n lang dag se trek

die Bosveld sluit oe met 'n heilige gelofte
vir die Heer se genade-druppels wat val in belofte

Op 'n eensaam-plaas in Baltimore
maak God en boer weer 'n 'even score'
sluit hul 'n konvensie in dik plaas sand
uitgekerf in klip-krake op die plaas se rand

as getuies wieg doringboom-takke
en blink knip-oog spinnekop-rakke

Visante kom sit spoor by om die diksand-belofte te seen
en saggies daarna val die eerste druppels van reen

en die Boer-van-Buren glimlag
terwyl harde bosveld-wereld in 'n skilder-oomblik versag.

 



 

***Boerekrygers***

Kom Boerekrygers wees nou vegters;
Die wat die Liefde dra is die sterkes!
Kom Boerekrygers wees nou knegte;
Laat ons oorwin die bose gevegte!

Alles sal in SY Wil geskied;
Daarom sing die Hemele 'n Nuwe Lied!
Die Bruid is besig om te ontwaak;
Sy ontvlam haar Liefde vir haar MAN se saak!

Kom Boerekrygers wees nou vegters;
Die wat die Liefde dra is die sterkes!
Kom Boerekrygers wees nou knegte;
Laat ons oorwin die bose gevegte!

Alle eer aan die Almagtige;
Loof sal ons o Volk, die Barmhartige!
Laat ons nie trots en hoogmoedig;
Maar eerder nederig neerkniel spoedig!

Kom Boerekrygers en bewys jul Liefde;
Vir VADER en naaste al dienende!
Kom Boerekrygers wees nou vegters;
Die wat die Liefde dra is die sterkes!

 
 
Die Ossewa

     Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke, al drukkend hul skowwe —
hul dra dit getroos en tevree.

En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna —
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.

Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe —
en ver is die tog van die dag.

Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdrans is ver en is swaar:
dit knars in die krakende knokke,
maar hul beur, en die vrag bring hul daar.

So, stom tot die stond van hul sterwe,
blyf ieder ’n held van die daad...
Hul bene, na swoeë en swerwe,
lê ver oor die velde verlaat...


Die Beste
(soos dit verskyn het in die tydskrif
Die Brandwag van 15 Januarie 1915)

Geil lusern in die laagste landjie,
   Geil groen blare en blomme blou,
Alwyn rooi op die voorste randjie,
   Rooi soos bloed teen die rotse grou;
Somer en son en safier daarbowe,
   Ruik van die keurbos rondgesprei,
Kort klein skad’wees oor die klowe;
   Somer en son en safier vir my!
Wonder van kleure uitgesprei—
Wat is daar meer wat die dood berowe?
Somer en son en safier vir my!

Hoog oor die water skommel die vinkies
   Vol van die vreug van die somerdag:
Bly die gekwetter van klein tinktinkies,
   Blyer die son wat goudgeel lag.
Algar wat lewe, algar tevrede,
   Hoog op die heuwel en laag op die vlei;
So was dit gister en so is dit hede,
   Somer en son en safier vir my!
Heer, Wat die hemel oor my sprei,
Dit is my eerste en laaste bede:
Somer en son en safier vir my!

Roem van mense,  rykdomme, pragte—
   Alles vergaan soos die mis op die vlei;
Sterre wat skiet in dikdonker nagte,
   Het langer lewe dan roem kan kry.
Boetie, as ons nou ’n keus moet wae
   Hier op die wêreld, wat vra jy?
Roemryke lewe en lengte van dae?
   Somer en son en safier vir my!
Boetie, as jy nou jou keus kan kry,
Wat is die wens wat jou hart sal wae?
Somer en son en safier vir my!


      
Winternag

     O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ’n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
blink ’n druppel van dou,
en vinnig verbleik dit
tot ryp in die kou!


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 


      
 





















br />







WESKAAP

G R

BENONI / BOKSBURG

NUUSBLAD


GOOGLE BLOG

V S

GELOFTEVOLK 777
FRIENDS WORLD WIDE








GR BOTSWANA


Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis