http://geloftevolkrepublikeinegermany.page.tl/
Gestbook ONS Gaste Boekie G R LINKS
Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis

Geloftevolk Republikeine Germany

Geloftevolk Republikeine

Geloftevolk Republikeine - Overview





You are here:
Geloftevolk Republikeine

CategoryPostsLast post made by
Wie Is die “ Geloftevolk Republikeine” - GVR
Ons is die enigste volk wat met ons Hemelse Vader geloftes gesluit het – vandaar die naam Geloftevolk Republikeine.\nDie Geloftevolk was in die verlede, maar bly ook in die toekoms verbind met die Skepper van Hemel en aarde; die God van Abraham, Isak en Jakob.\nOns herdenk en kom die geloftes wat ons voorvaders, die Boervolk, met ons God aangegaan het na, naamlik :\nDie gelofte van Jan van Riebeeck 6 April 1654\nDie gelofte van Sarel Cilliers 9-15 Desember 1838\nDie gelofte van Paardekraal 11 Desember 1880\nGeloftevolk Republikeine is ‘n volk in eie reg met sy eie taal, eie godsdiens en eie kultuur en sal vreesloos op elke manier denkbaar volhard om te veg vir die soewereiniteit en voortbestaan van die Boervolk. Unieke eienskappe van Die Boervolk is ‘n ewigdurende geloof en nouste verbintenis met God, gasvryheid, vriendelikheid, toewyding, vredeliewenheid, streng dissipline, 1ste wêreld standaarde, streng beskaafde etiese norme en morele waardes getrou aan uit die Heilige Skrif en ‘n onblusbare stewe na vryheid sodat die Boervolk oor homself kan regeer in ‘n eie vaderland.\nDie Geloftevolk Republikeine erken elke volk se reg op selfbeskikking en eis dit ook onwrikbaar ten opsigte van die Boervolk. Geloftevolk Republikeine sal hul NOOIT vereenselwig, of tuis voel nie in ‘n land van moord (in SA 50 mense per dag), die barbaarse, onbeskaafde wreedheid van plaasaanvalle, toenemende verkragtings, roof, huisbraak, korrupsie, wetteloosheid, miskenning van wettige eiendomsreg, SA se status van misdaad hoofstad van die wêreld en kwynende infrastruktuur wat duidelik die seën en goedkeuring van die etniese volke in Suid-Afrika wegdra, maar onaanvaarbaar is vir ‘n ontwikkelde volk soos die Boervolk.\nDie meer as ‘n miljoen volksgenote van die Geloftevolk wat sedert 1994 uit SA gevlug het, is ‘n tragiese verlies van kundigheid vir die Boervolk. Geloftevolk Republikeine is verbind tot die versorging van die 600 000 volksgenote wat werkloos in plakkerskampe sonder werk verhonger. Daardie mense bly bloed van die Boervolk se bloed en hulle is die naaste en volksgenote van die Boervolk, totdat hulle uit vrye keuse by ‘n ander volk aansluit.\nIndien daar Afrikaners/Afrikaanses is wat hulleself beskikbaar stel vir assimilasie in die Suid-Afrikaanse nasie wat “in aanbou” is, staan dit hulle vry om, (soos wat enige persoon die reg het) self te besluit waar en in watter omstandighede hy/sy wil woon en waar burgerskap aanvaar word. Geloftevolk Republikeine streef die herstel van ‘n vrye Boere- Republiek na -‘ n eie land waarin die Boervolk homself kan regeer, sy eie hoë standaarde kan instel, sy eie waardes kan uitleef en die Boervolk se voortbestaan noodwendig volgens die beginsels en riglyne van die Heilige Skrif, kan uitbou.\nDie Geloftevolk Republikeine is trots op die Boervolk se roemryke volksgeskiedenis en is nie bereid om die hand van God te misken in al die veldslae wat met Sy hulp gewen is deur die Boervolk se voorvaders nie. Soos die republikeine weggetrek het uit die Britse onderdrukking in die Kaap (1837), soos die republikeine in twee vryheidsoorloë geveg het teen besetting deur imperiale kolonialiste, soos republikeine in 1948 die oorwinning behaal het by die stembus, so sal die Geloftevolk Republikeine ywerig en doelgerig werk om onder die gesag van vreemde volkere uit te kom en die verwesenliking van soewereiniteit/selfbeskikking vir die Boervolk met toewyding en vasbeslotenheid, volhardend vasberade te bewerkstellig.\nDie Geloftevolk Republikeine verklaar :
0-



Total topics: 0
Total posts: 0
Total users: 1







WESKAAP

G R

BENONI / BOKSBURG

NUUSBLAD


GOOGLE BLOG

V S

GELOFTEVOLK 777
FRIENDS WORLD WIDE








GR BOTSWANA


Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free