Gedigte

|
|||
![]() Gedigte vertel ‘n storie, en skrywers dig oor hul eie ervarens, gevoelens en ook oor hul volksskap. Hier is ‘n paar pragtige gedigte vir u om te lees en te bewaar vir die nageslag. Amakeia (AG Visser) In die skadu van die berge, bos-beskut aan alle kant, staan alleen die hartbeeshuisie op die grens van Kafferland. Saggies neurie Amakeia op die wal van Kei-rivier, tot hy slaap, die tere wiggie van die blanke pionier: "Stil maar, stil maar, stil Babani; kyk hoe blink die awendster. Niemand sal vir kindjie slaan nie - stil maar, al is Mammie ver." Amakeia had belowe toe haar nonna sterwend was, om die hulpelose kindjie tot hy groot was, op te pas. Liefd'ryk sorg sy vir die wit kind, tot vir hom die lewenslig straal uit aia Amakeia's vrind'lik-troue swart gesig. Onheilspellend sien sy tekens, oorlog kom daar in die land: Snel die inval, huis en hawe uitgemoor en afgebrand. Selfvergetend, doodveragtend, met die wit kind op haar rug, na die Amatola-berge het sy ylings heen gevlug. "Stil maar, stil maar, pikanienie; oor die bergtop rys die maan. Niemand sal vir ons hier sien nie; môre sal ons huis toe gaan." Ag, dat oë van verspieders ook haar skuilplaas moes ontdek! "Spaar hom, hy's so klein nog," smeek sy met die hande uitgestrek. Woedend tier die wilde bende: "Sterf of gee die wit kind hier!" "Oor my lewelose liggaam ..." antwoord Amakeia fier. "My belofte aan my nonna - beste wat daar ooit nog was - waar hy gaan, moet Amakeia saamgaan om hom op te pas." "Is jul lewend nie te skei nie, bly dan in die dood vereen - kort proses met haar, Maxosas, laat die blink asgaaie reën!" In die Amatola-klowe sing nog net die winterwind deur die riete in die maanskyn: "Tula - Tula - stil, my kind!" |
|
|||
Al sterwe julle ook sewe dode Dalk erg gemartel tot die dood Voor ‘n vuurpeloton of ‘n galg Al word julle uitgegiet as niks Al blus hulle ook julle vuur Of smoor julle ware vryheid Al sterwe julle ook sewe dode Kom julle maar net weer terug Julle gees kan hulle nie knak Want julle is Boere van hart Boere vol van moed en daad Wat sal vasstaan in julle reg Wie kan julle beroof van Boerwees As julle waarlik vasstaan as Boere Dit is julle groot reg en julle trots Om Boere te wees in al julle reg |
|
|||
![]() (Aliwal Noord, 1901) O, pazienza, pazienza che tanto sostieni! Dante. Jou oê is nat met die trane van gister; Jou siel is gemartel, deur smarte gepla; Van vrede en pret was jy vroër ‘n verkwister; En nou, wat bly oor van jou rykdomme? Ja, ‘n Spreekwoord tot steun–daar’s geen trooswoord beslister: “Geduld, o geduld, wat so baie kan dra! Hier sit jy te koes teen die wind, wat daar suie Yskoud deur die tentseil, geskeur deur die hael– Jou enigste skuil in die nag teen die buie; Die Junielug stort oor die stroom van die Vaal– Jy hoor net die hoes van jou kind, en die luie Gedrup van die reendruppeltjies oor die paal. ‘n Kers, nog maar anderhalf duim, voor hy sterwe, Brand dof in ‘n bottel hier vlak naas jou bed. (‘n Kafhuis gee makliker rus: op die gerwe Daar lê ‘n mens sag, en sy slaap is gered!) En hier in die nag laat jou drome jou swerwe ‘n Aaklige rondte met trane besmet. Hier struikel die kind, wat te vroeg was gebore; Hier sterwe die oumens, te swak vir die stryd; Hier kom ‘n gekerm en gekreun in jou ore; Hier tel jy met angs elke tik van die tyd; Want elke sekond van die smart laat sy spore Gedruk op jou hart, deur ‘n offer gewyd. En deur elke skeur in die seil kan jy duister Die wolke bespeur oor die hemel verbrei; Geen ster skyn as gids; na geen stem kan jy luister– (Eentonig die hoes van jou kind aan jou sy!) Wat sag deur die wind in jou ore kom fluister: “Geduld, o geduld, wat so baie kan ly! Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe? Die smarte, die angs, het so baie gepla! Die yster het gloeiend ‘n merk vir die eeue Gebrand op ons volk, en die wond is te na, Te na aan ons hart en te diep in ons lewe– “Geduld, o geduld, wat so baie kan dra!” Uit: Oom Gert Vertel en Ander Gedigte, C. Louis Leipoldt, Uitg. Mij. v/h. J. Dusseau & Co, Kaapstad 1921 C. Louis Leipoldt (1880-1947)
Aliwal-Noord, 1901 O, pazienza, pazienza che tanto sostieni! – Dante Jou oë is nat met die trane van gister; Hier sit jy en koes teen die wind wat daar suie ’n Kers, nog maar anderhalf duim voor hy sterwe, Hier struikel die kind wat te vroeg was gebore; En deur elke skeur in die seil kan jy duister Vergewe? Vergeet? Is dit maklik vergewe? |
|
|||
![]() Die osse stap aan deur die stowwe, geduldig, gedienstig, gedwee; die jukke, al drukkend hul skowwe — hul dra dit getroos en tevree. En stille, al stuiwend en stampend, kom stadig die wa agterna — die dowwe rooi stowwe, al dampend, tersy op die windjie gedra. Die middagson brand op die koppe, gebuk in hul beurende krag; hul swaai heen en weer in die stroppe — en ver is die tog van die dag. Dit kraak deur die brekende brokke: die opdrans is ver en is swaar: dit knars in die krakende knokke, maar hul beur, en die vrag bring hul daar. So, stom tot die stond van hul sterwe, blyf ieder ’n held van die daad... Hul bene, na swoeë en swerwe, lê ver oor die velde verlaat... ![]() (soos dit verskyn het in die tydskrif Die Brandwag van 15 Januarie 1915) Geil lusern in die laagste landjie, Geil groen blare en blomme blou, Alwyn rooi op die voorste randjie, Rooi soos bloed teen die rotse grou; Somer en son en safier daarbowe, Ruik van die keurbos rondgesprei, Kort klein skad’wees oor die klowe; Somer en son en safier vir my! Wonder van kleure uitgesprei— Wat is daar meer wat die dood berowe? Somer en son en safier vir my! Hoog oor die water skommel die vinkies Vol van die vreug van die somerdag: Bly die gekwetter van klein tinktinkies, Blyer die son wat goudgeel lag. Algar wat lewe, algar tevrede, Hoog op die heuwel en laag op die vlei; So was dit gister en so is dit hede, Somer en son en safier vir my! Heer, Wat die hemel oor my sprei, Dit is my eerste en laaste bede: Somer en son en safier vir my! Roem van mense, rykdomme, pragte— Alles vergaan soos die mis op die vlei; Sterre wat skiet in dikdonker nagte, Het langer lewe dan roem kan kry. Boetie, as ons nou ’n keus moet wae Hier op die wêreld, wat vra jy? Roemryke lewe en lengte van dae? Somer en son en safier vir my! Boetie, as jy nou jou keus kan kry, Wat is die wens wat jou hart sal wae? Somer en son en safier vir my! |
|
|||
![]() O koud is die windjie en skraal. En blink in die dof-lig en kaal, so wyd as die Heer se genade, lê die velde in sterlig en skade. En hoog in die rande, versprei in die brande, is die grassaad aan roere soos winkende hande. O treurig die wysie op die ooswind se maat, soos die lied van ’n meisie in haar liefde verlaat. In elk grashalm se vou blink ’n druppel van dou, en vinnig verbleik dit tot ryp in die kou! |
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
|
|||
br />