Sunette Bridges News Page
In 5 dae is 7 van ons mense vermoor!
'n Bejaarde man is Saterdag in Newlands, Durban, in sy oprit deur kapers doodgeskiet.
Oom Japie de Beer (85) is Saterdag in sy huis in Carletonville aangeval en doodgeslaan.
Terence Rizzato (63) is Dinsdagaand op sy plaas in Hluhluwe doodgeskiet. Sy vrou is aangerand en hul honde is doodgekap met pangas.
Jack Viljoen (21) is gisteraand tydens 'n inbraak in Thabazimbi met 'n mes doodgesteek.
Melvin en Susanna Lawson (73 en 71) is gisteraand by hul huis in Oribi aangeval, met messe gesteek en aan die brand gesteek.
Ek't vandag NOG 'n berig ontvang van 'n vrou wat gister in Durban-Noord aangeval is in haar huis. Haar keel is afgesny... Ek sal meer hieroor berig sodra ek die inligting het.
Oor 4 dae van vandag af moet ek in 'n hof verskyn oor ek oor hierdie moorde berig... blykbaar omdat my berigte rassehaat aanwakker en ek verantwoordelik gehou moet word vir die kommentaar onder sulke berigte...
Stilby is nie 'n opsie nie en binnekort sal ek seker tot verantwoording geroep word vir die onderhoude op oorsese radiostasies hieroor. Ons mag nie toelaat dat vrees vir vervolging ons monde snoer nie, maar daar is tog daai "hol kol op die maag" oor wat die gevolge sal wees van my berigte en watter prys ek gaan betaal oor ek aanhou rapporteer...
Ek sal doen wat ek moet vir solank ek kan, maar ek raak ook soms moeg, moedeloos, raadop, GATVOL, benoud en bekommerd.
...en dan pak 'n mens massiewe projekte aan soos Kleinvallei, die Boervrouliga, Red October en miskien 1000 uit 40 000 ondersteun dit... dan wonder ek hoekom. Wat probeer ek bereik? Vir wie doen ek dit? Is dit die slapelose nagte werd? ...die geld, die bekommernis, die tyd...
Is daar nog 'n Volk oor om voor te veg? Is daar genoeg wie nog bekommerd is soos 'n handjievol van ons is? Is daar genoeg wie die moed het om die pad saam te stap? ...of het die meeste van ons lankal die handoek ingegooi?
...maar Maandag sal ek daar wees, in die hof in Kaapstad...
Ek het self die pad gekies... Ek sal hom stap met die wat dit uit vrye keuse saam wil stap. Ons kan niemand dwing nie. ...en sekerlik ook nie die kwalik neem wat liefs van die kantlyn af staan en kyk nie... Sx
|