Majubadag ‘n Volksnasionale Herdenkingsdag 27 Februarie 2015
MAJUBA FEES - Gesien as ‘n wonderwerk uit die hand van God, en die Volksraad van die Zuid Afrikaansche Republiek het daarna besluit: Daarom is Majubadag n volksnasionale herdenkingsdag vir ons volk terwyl die jaar 2015 ook die 100-jarige herdenking van die Slagtersnek opstand is.
“Hier, toe ons in benoudheid verkeer het, het elkeen ‘n klip opgeneem en dit op hierdie pek gegooi as ‘n gedenkteken tussen ons en die Here. Daarmee is die Gelofte van Bloedrivier hier hernuwe… Ons het nie hier gekom om ander sake te bespreek nie, maar om die dade van God te verkondig, om ons geloftes te betaal, om van God se groot goedertierenheid oor ons, te praat.” President Paul Kruger, Paardekraal, 16 Desember 1891.
Kaart van die Slag van Majuba – Klik op die kaart vir vergroting
Program: (onderhewig aan geringe wysigings)
Vrydag 27 Februarie:
Aankoms en kamp opslaan, 08:00 – 13:00 Skryfskool (GHA en BCVO-kultuurraad)
Aandprogram: Opening, Verwelkoming, Stemmingsprogram wat reg laat geskied aan die bostaande besluit, Fakkelloop teen die berg op
Saterdag 28 Februarie:
Oggendprogram: Vlaghysing, opening en verwelkoming, Vlagseremonie deur die perdekommando, Boodskap: Majuba se boodskap vir ons volk in nood, Skyngeveg: voorstelling van die slag, (Britse “Dundee Die Hards” en Boerekrygers), Feesgangers kies by watter aktiwiteit (indien enige) hulle wil aansluit:
Bestyging van die Berg en geskiedkundige vertelling oor die Slag (dr. Pieter Möller).
Begeleide toer van omgewing en Geskiedkundige vertellinge oor voorafgaande gebeure (mnr. Basjan Geyser)
Skyfskiet, kleiduifskiet, jukskei, Boeresport, uitstallings, demonstrasies, volkspele, Boeredansers, binnenshuise spele, perderitte, museum besoeke, wa-ritte (Trekboervereniging – Dawid Grobbelaar), Cantille vir die jeug, Canthus vir studente en volwassenes
Sondag 1 Maart:
Oggendprogram: Kranslegging en Skrifoordenking, Bedankings en afsluiting van verrigtinge.
Besprekings vir stalletjies en verblyf:
Marie de Beer, tel 072 528 9655; of stuur versoeke per e-pos aan besprekings@majubatrust.co.za
Majuba Gedenkplaas – 2015 tariewe
Dagbesoekers: R25.00 per persoon, (Groepe van meer as 25 persone kry 20% afslag). Herberg: R55.00 per persoon per nag, (Groepe van meer as 25 persone kry 20% afslag). Woonstel: R120.00 per persoon per nag
Kampeerders:
Tent staanplek: R45.00 per staanplek, Woonwa met krag: R65.00 per staanplek (Beperkte aantal beskikbaar)
Plus:
Volwassenes: R20.00 per persoon per dag, Skoliere: R10.00 per persoon per dag
Bankbesonderhede vir Majuba: Rekeningnaam: Majuba-Boerevolktrust, Bank: FNB (Kollonade), Takkode: 250-655, Rekeningnommer: 623 8336 2119, Verwysing: Voorletters & Van (Indien u vooraf betaal, bring asb. u bewys van betaling saam).
Gastehuise in die omgewing:
Bergbau Haus B + B 017 735 4297
Bridle Gaste plaas B + B 072 661 7006
Granny Goose B + B 017 735 5536
Horse shoe motel 017 735 4310
Mahawane Resort B + B 017 735 3003
Majuba Gastehuis 017 735 2550
Marlene’s Gastehuis 017 735 1320
Mon’ae Gastehuis B + B 017 735 3866
Monika’s Gastehuis B + B 017 735 1238
Sanbonani Gastehuis 082 564 6077
Stucky Gastehuis 017 735 2808
Battlefield Gastehuis 017 735 2202
Vriendelike versoeke om:
- Die naweek van 27 Februarie – 1 Maart 2015 nou reeds in u dagboeke te reserveer en u voor te berei om as volk by Majuba laer te trek.
- Skole, kerkrade, landbouverenigings, sportklubs, besighede en alle ander volksinstansies word beleef versoek om vir bogenoemde naweek geen plaaslike aktiwiteite te beplan nie, maar volksgenote oor die hele land aan te moedig om by Majuba te kom laertrek, feesvier en in ons volk se huidige nood ons hulp en krag by God te soek.
Met dank Andries Breytenbach Majuba 2015 Reëlingskomitee
Navrae: Tel: 012 802 4285 / 082 322 6590
Elke jaar gee die Majuba Boerevolktrust op roterende basis aan bereidwillige volksorganisasies die geleentheid om die jaarlikse Majubafees te reël. Die HNP-Bitttereinders is bevoorreg om die 2015 Majuba-herdenking aan te bied.
|
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.