http://geloftevolkrepublikeinegermany.page.tl/
Gestbook ONS Gaste Boekie G R LINKS
Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis

Geloftevolk Republikeine Germany

News


Ondermyning van Afrikaans en Afrikaanssprekendes
By Elsa Muller on Monday, 2 April 2012 at 08:29 on 01/04/2015 at 3:37pm (UTC)
 Artikels soos hierdie een in Beeld is die tiepe propaganda wat juis daarop uit is om Afrikaners en Afrikaans te ondermyn. Dit is die tiepies Broederbond gedrag van Media 24/Beeld , wat selfs vandag nog probeer om vir die Afrikaners te vertel wie en wat hy moet glo. Afrikaners se dilema het juis ontstaan omdat die mense in beheer van die Media met sulke propaganda verhoed dat daar n gebrek aan ontwikkeling in Afrikaner politieke mag plaas find en ons rigtingloos in die multikultirele RSA see rond dobber .

Die waarheid is dat Afrikaners nie meer so aan hul neuse sal rond gelei word nie en dat hulle self sal besluit wie hul bondgenote is. Onderaan verskein n artikel deur OASE in reaksie op heirdie beeld artikel wat die feite regstel en inligting wat Beeld nie bekend gemaak het nie, openbaar. Afrikaners het wel waardevolle bondgenote in Nederland !

Beeld artikel 20 Feb:

"Vriende soos dié kan taal benadeel.

2012-02-19 21:42



Respek en nie rassisme nie, behoort die grondslag te vorm van Afrikaans se aanspraak op sy regmatige plek in die wêreld en Suid-Afrika.



Afrikaans het die afgelope dekades hard gewerk om die smet van rassisme af te was wat aan die taal gekleef het weens sy noue verbintenis met die apartheidsbeleid wat teen gekleurde Suid-Afrikaners gediskrimineer het.



Wit Afrikaanssprekendes het herontdek dat meer as die helfte van die sprekers van die taal gekleurd is. Ook dat van die eerste geskrifte in Afrikaans deur Moslem geestelikes geskryf is.



Afrikaans is onder druk. Die taal het klaarblyklik ’n stryd ophande, nie net teen maghebbers wat hom wil verswak nie, maar ook teen baie van sy eie sprekers wat hom die rug toekeer.





’n Groot deel van sy stryd is juis te wyte aan negatiewe persepsies oor die rassisme van sy sprekers.



Afrikaans het al die hulp nodig wat hy kan kry.



Wat hy nie nodig het nie, is vennootskappe met Nederlandse politici wie se minagtende en onverdraagsame standpunte teenoor minderhede in hul eie land Afrikaans opnuut kan beklad met die persepsie van rassisme.



Vandeesweek “koördineer” die FAK ’n “feitesending” van mnr. Martin Bosma aan Suid-Afrika.



Bosma is ’n senior parlementslid van die Nederlandse Partij voor de Vrijheid (PVV). Die PVV, ’n junior lid van die regerende koalisie, is bekend om sy leier, mnr. Geert Wilders, se haatdraende uitlatings jeens Moslems in Nederland en wêreldwyd.



Wilders en sy party is só berug dat die Britse regering hom in ’n stadium belet het om die land te besoek.



Om sulke mense na Suid-Afrika te bring in die waan dat dit Afrikaans in hierdie veelrassige land met sy mosaïek van tale en kulture gaan help, is verstommend kortsigtig.



Afrikaans kan kwalik respek van die meerderheid vra as sy vennote die minderheid in hul eie land haat. "





Hier is die korrekte feite soos weer gegee deur OASE in reaksie op Beeld se bg propaganda..



OASE neem kennis van mnr. Martin Bosma, onderleier van die Nederlandse Partij voor de Vrijheid (PVV), se besoek aan Suid-Afrika en wens hom ’n besonder aangename kuier toe. OASE het ook kennis geneem van die uiters negatiewe publisiteit wat sy besoek in Afrikaanse koerante geniet.

Volgens Beeld van afgelope Vrydag, 17 Februarie 2012, word berig dat dr. Danie Langner – die nuwe hoof van die FAK – kwansuis mnr. Bosma se besoek fasiliteer, maar dat die FAK nie vir Martin Bosma na SA uitgenooi het nie. So asof dit ’n ernstige misdaad sou wees om ’n Nederlander, wat die interparlementêre voorsitter van die Nederlandse Taalunie is, na SA uit te nooi. Die Nederlandse Taalunie is ’n statutêre liggaam wat Nederlands en verwante tale bevorder. Alle Afrikaners weet tog hoedat die ANC ons taal tot in die afgrond in verguis. Siende dat Martin Bosma die eerste voorsitter van die Taalunie is wat duidelik kennis neem van die ANC se stoomrollergedrag wat betref die uitwissing van ons taal op elke denkbare lewensterrein, gaan dit OASE te bowe dat Danie Langner met sy Broederbondgedrag namens Afrikaners besluit vir wie ons moet skaam wees en vir wie nie. Dit wil voorkom asof die Pous van Solidariteit-beweging, mnr. Flip Buys, steeds vir Danie Langner voorskryf wie sy maatjies mag wees soos tot onlangs toe Langner nog die hoof van Helpende Hand was.

In Maandag, 20 Februarie 2012 se Beeld haal Martin Bosma se besoek selfs die hoof redaksionele kommentaar met die mees striemende aanval op hierdie ware bondgenoot van die Afrikaanse taal. Beeld se gedrag herinner sterk aan die dae toe mnr. Ton Vosloo en sy Broederbond-trawante vir Afrikaners voorgeskryf het oor wat goed was vir hulle en wat nie. Die verskil is net dat ons nou 20 jaar later onder die resultaat van Vosloo se breinspoeling en De Klerk se derde spannetjie onderhandelaars se besluite moet leef, waar nie slegs die Afrikaanse taal nie, maar die hele Afrikanervolk gebuk gaan onder ’n ANC-regime wat absoluut geen genade betoon nie. Hoe lank gaan die gatkruipgedrag van die De Klerks, Buyse, Langners, Media24 en ander opvolgers van diegene wat ons in 1994 uitgelewer aan die ANC nog voortduur? Besef hierdie elitegroepie in Afrikanergeledere nie dat die ANC-regering se gedrag toenemend tekens begin toon van ’n tweede difaqane in Suider Afrika nie? Of betaal die ANC hulle nou almal om Afrikaners se monde te snoer?

As Nederland, Afrikaners se stamland, ’n politikus oplewer wat openlik die skreiende optrede van die ANC teenoor Afrikaners en Afrikaans teengaan, dan word die deur in sy gesig toegeklap! Dink Beeld se redaksie die Sjinese gaan Afrikaners en Afrikaans kom red? Dit is duidelik dat Beeld se eie redaksie nie meer korrekte Afrikaans kan skryf nie, want die artikel voer aan.. “Afrikaans het die afgelope dekades hard gewerk om die smet van rassisme af te was wat aan die taal gekleef het weens sy noue verbintenis met die apartheidsbeleid wat teen gekleurde Suid-Afrikaners gediskrimineer het”. Die taal self is nie in staat daartoe om sulke dinge te doen nie, mense doen dit. En hierdie selfde mense, Afrikaners, begin toenemend wonder waarom Afrikaanse koerante die heeltyd so behep is met ras, soms byna erger as die ANC. Afrikaners het al vergeet wat rassisme is, want hulle het ’n oorlewingstryd om te voer wat lankal nie meer beperk is tot hulle taal nie.

Soos wat Afrikaners nou al gewoond geraak het, word sekere feite so voorgehou en ander feite verswyg deur die media, dat dit die gewone leser breinspoel om naderhand alles te glo behalwe die waarheid. Ons weet dat dit presies is hoe die kommunisme te werk gaan en dit wil voorkom asof Beeld en sy susterskoerante nou al hoe meer dieselfde rigting begin inslaan. Ons plaas dus graag die volgende onbetwisbare feite op rekord:

Nie net is Martin Bosma die onderleier van die PVV nie, hy is toevallig ook die andjunk-speaker van die Nederlandse parlement. Die belangrikste van alles is dat Bosma die verkose interparlementêre voorsitter van die Nederlandse Taalunie is – ’n feit wat Beeld nêrens in die striemende aanval teen hom en sy party noem nie. Boonop het Bosma sy stem reeds begin dik maak binne die Taalunie oor die verguising van Afrikaans deur die ANC. Afrikaans geniet as verwante taal van Nederlands beskerming in die Taalunie se grondwet. Die Taalunie word deur bevoegde Westerlinge bestuur en nie deur ‘n onbevoegde ANC soos ons eie grondwet nie. Mnr. Bosma beklee dus ’n sterk posisie in ons stamland waar hy reeds duidelik die steun van sowel regse as linkse politieke verteenwoordigers van beide Nederland en België aan sy kant het om die ANC aan te vat oor die ernstige wanpraktyke waarmee hulle besig is wat betref Afrikaans as minderheidstaal.

Beeld meld eksplisiet dat die PVV ’n junior vennoot in die Nederlandse koalisieregering is, maar meld nie die feit dat die PVV die derde grootste party uit vele partye in daardie land is nie, en ook nie dat die land se meningspeilings weer pas aangetoon het dat die PVV hulle 24 setels in die parlement met minstens 4 opgestoot het nie. Volgens Beeld is die PVV: “…bekend om sy leier, mnr. Geert Wilders, se haatdraende uitlatings jeens Moslems in Nederland en wêreldwyd”. Niks word genoem van die feit dat mnr. Wilders deur ’n Nederlandse hof vrygespreek is op alle klagtes wat links-liberales teen hom hieroor aanhangig gemaak het nie. Dink Beeld se redaksie dat Afrikaners regtig nog val vir hierdie tipe verdagmakery?



Vir Afrikaners gaan dit deesdae veral om een vraag: Is daar nog ’n toekoms vir ons kinders in hierdie land wat Afrikaners met bloed, sweet en Westerse kultuurwaardes opgebou het tot ‘n skitterende ster in Afrika, maar wat deur die sotlikhede van die Ton Vosloo’s en die De Klerks op ’n skinkbord weggegee is aan ’n spul onbevoegde rassiste wat Afrikaners teen ‘n volksmoordtempo uitwis? Mnr. de Klerk het die ander dag weer een van daardie gereelde oorseese reise van hom onderneem. Die oueres van ons sal onthou hoedat hy die vrylating van mnr. Mandela en die ontbanning van die ANC in Londen gaan aankondig het in Februarie 1990, en eers daarna in Suid-Afrika. Tydens sy onlangse reis het mnr. De Klerk weer aan die wêreld gaan vertel hoe trots hy is op die nuwe RSA en dat hy geensins spyt het oor die feit dat hy sy eie volk se vryheid vir ’n pot lensiesop verruil het nie. Al wat hoef te gebeur, volgens mnr. De Klerk, is dat Brittanje moet help om “the rule of law” in stand te hou in ons multikulti-hutspot waarvan die deksel dreig om af te val soos wat dinge nou begin kook. Brittanje kon nog nooit eers daarin slaag om “the rule of law” in stand te hou in enige van sy voormalige kolonies nie, met Zimbabwe as die mees skreiende voorbeeld hiervan. Hoe dink De Klerk gaan daardie koninkrykie, wat dreig om ook by die PIGS-lande van Europa aan te sluit as gevolg van hul swak ekonomiese prestasies, die ANC ooit in toom hou?

Geert Wilders, leier van die PVV, se ongewildheid in Brittanje kan Afrikaners werklik nie skeel nie, want Afrikaners was self nog nooit so erg gewild by daardie koloniale besetter nie. Terwyl Brittanje se ou koningin Victoria ‘n oorlog op lafhartige wyse teen Afrikaners se voorsate gevoer het, het die jong Nederlandse koningin Wilhelmina en haar volk dieselfde voorsate openlik gesteun.

As Beeld se redaksie dink Afrikaners in 2012 is “verstommend kortsigtig” omdat hulle nuwe bondgenote in die Weste omarm, dan moet hulle saam met mnr. De Klerk en sy meelopers aanhou om gat te kruip by die ANC, want een van die dae het hulle ’n slaapplek nodig as Afrikaners begin aandring op hul internasionale reg om af te skei van die multikulti-chaos waarin ons mense vasgevang sit. Dit is te sê as mnr. De Klerk nie al lankal oorsee slaap teen daardie tyd nie – iets wat hy mos al te graag doen.

Afrikaners hoef nie die respek van die meerderheid in SA vir Afrikaans te vra nie, want die meerderheid in SA erken Afrikaans lankal nie meer as ’n amptelike taal nie – terwyl Martin Bosma en sy party dit wel doen. Beeld, Volksblad en Die Burger moet ophou om die Scholtze in Brussel te gebruik om Afrikaners te breinspoel oor wie ons bondgenote mag wees en wie nie. Afrikaners is besig om hul eie bondgenote dwarsoor die Westerse wêreld en elders self uit te soek -ons het nie die De Klerks of die Scholtze hiervoor nodig nie. Martin Bosma en sy party is lankal Afrikaners se bondgenoot en ons gaan nie langer toelaat dat die linkse elitegroepie, wat niks anders as die Broederbond van ouds is nie, om hul keuses van bondgenote aan ons op te dring nie.

OASE waardeer Martin Bosma se besoek en wil namens alle Afrikaners wat vryheid nastreef hom aanmoedig om nie moedeloos te raak bloot omdat die linkse elite-groepie in Afrikaners se geledere, wat steeds die Afrikaanse media beheer, sulke absurde publisiteit aan sy besoek gee nie.
 

<- Back  1  2 

Continue->








WESKAAP

G R

BENONI / BOKSBURG

NUUSBLAD


GOOGLE BLOG

V S

GELOFTEVOLK 777
FRIENDS WORLD WIDE








GR BOTSWANA


Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free