http://geloftevolkrepublikeinegermany.page.tl/
Gestbook ONS Gaste Boekie G R LINKS
Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis

Geloftevolk Republikeine Germany

News


MAJUBA- Verootnoediging en Lofdiens, Vrydag 27 Februarie 2015
Piet Rudolph on 02/28/2015 at 2:31pm (UTC)
 MAJUBA- Verootnoediging en Lofdiens, Vrydag 27 Februarie 2015

In terme van die onderstaande opdrag van die Transvaalse Volksraad gan ons as Transvaalse Boere-Republikeine na Amajuba om te verootmoedig en ons dank aan die Hemelse Vader te betuig vir Sy uitreddende hand om van nuts af Sy genade oor ons af te smeek.

Program.
1. 10:00
2. Vertelling rondom die gebeure by Majuba.
3. Lofdiens
4. Bedankings

LW: Toegang is R25.00 per kop. Ons behoort 12:30 klaar te wees.
OPDRAG
No. 267.
Gouvernements Kennisgeving.
____ ___
ONDERSTAAND Volkraadbesluit, art. 248, d.d. 31 Mei 1882, wordt hiermede ter algemeene informatie gepubliceerd.
Op last,
W. EDUARD BOK,
Staatssecretaris.
Gouvernementskantoor,
Pretoria, 5 Junij 1882.
Volksraadsbesluit art. 248, d.d. 31 Mei 1882.
Den 27sten Februarij van elk jaar, de Gedenkdag van den Slag bij Amajuba, zal in ’t vervolg een publieke feestdag en een dag van verootmoediging voor den Heer zijn, voor de groote dingen op dien dag aan het volk gedaan.

Namens die Boere-Republikeine deur Piet Rudolph – Organiseerder - op 10 Februarie 2015.
 

GRONDEISE EN BOERE-REPUBLIKEINE
Piet Rudolph on 02/28/2015 at 2:30pm (UTC)
 GRONDEISE EN BOERE-REPUBLIKEINE
1. ’n Vinnige oorsig van die Wet op die Herstel van Grondregte wet 22 van 1994 soos gewysig, is een van die huidige regering se wette om die wit man in die algemeen maar die Boerevolk in besonder in die ongelyk te stel.
2. Die wet maak voorsiening vir “benadeelde” swart mense “entitled to restitution” na 19 Junie 1913. Ek kon by ’n geleentheid vir ’n ANC-minister vra waarom die wetgewing nie die afsnydatum van 31 Mei 1902 het nie toe duisende verarmde Boere na hulle grond moes terugkeer, totaal verarm deur die verwoestende Engelse Oorlog. Baie het hulle grond net so gelos en getrek na die stede op soek na werk. Ek het nie ’n bevredigende antwoord gekry nie behalwe dat die eerste datum was waarop Swartes van grond ontneem is.
3. Met die bestudering van die Wet word dit duidelik dat ons as Boere-Republikeine nie ’n “wettige voet” het om besware aan te teken teen eise nie maar bloot wat die Bolsjewiste as’n gebaar sal beskou.
4. Voorts dat net mense wat direk geraak word deur die eise daaroor beswaar kan aanteken by die Grondeisehof wat die geldigheid van ’n eis moet bepaal. ’n Protesskif SONDER direkte belang, gaan van die tafel afgevee word. Dit sal geen inhoud hê nie.
5. Dit is duidelik dat een of ander protes met die doel om ons uitsluiting en ons aansprake onder die aandag te bring, noodsaaklik is. Of dit nou in die vorm van ’n persverklaring of openbare oploop sal wees, moet u maar besluit.
6. Graag wil ek u ook inlig dat die respons van ons mense en veral die Tydelike Bestuurskomitee nie ’n aardbewing veroorsaak het nie. Dit wil my voorkom asof ons weer ’n vergadering sal moet belê om hierdie aangeleentheid dringend te bespreek.
Ek hoor graag van u.
Piet Rudolph: Organiseerder: Boere-Republikeine.
072 419 3516.
 

Moord en Misdaad Joernalis/Verslaggewer van www.bmarksa.org - Afrikaans Nuusblad (Facebook Bladsy). Binnekort bekend as Die Volksgenoot.
Welna van Niekerk on 01/15/2015 at 6:28am (UTC)
 Welna van Niekerk

Kategorie Argiewe: Aanvalle

1) Man Doodgeskiet Tydens Aanval in Witrivier

January 14, 2015 - WITRIVIER – ‘n Inwoner van Bundu Estate, in die Oos-Transvaal mnr Clive Wagner, is in sy huis vermoor. Volgens die provinsiale woordvoerder van die polisie Kolonel Leonard Hlathi, was dit…

2) Gestremde Seun in die Gesig Geskiet Tydens Aanval

January 13, 2015 - HEUWELOORD – ʼn Gestremde seun is in die gesig geskiet en sy pa is aangerand nadat hulle Vrydagmiddag in hul huis in Heuweloord, van Sentraal-Transvaal aangeval is. Die pa en…

3) Verdagtes met Bainsvlei Slagoffers se Bakkie Betrap

January 12, 2015 - BAINSVLEI – Twee verdagtes het Maandagoggend die liggame van ʼn bejaarde man en vrou aan die Bloemfontein-polisie in die Vrystaat uitgewys nadat hulle in die slagoffers se bebloede bakkie betrap…

4) Plaasmoord Naby Theunissen in die Vrystaat

January 12, 2015 - THEUNISSEN – ʼn Vrou is Maandagoggend tydens ʼn huisroof op haar plaas naby Theunissen in die Vrystaat vermoor, waarna haar huis met haar liggaam daarin, aan die brand gesteek is. Volgens…

5) Bejaardes Aangeval, Man met Baksteen en Houtpaal Doodgeslaan

January 9, 2015 - MULDERSDRIFT – ʼn Bejaarde vrou in Lindley, Muldersdrift van Sentraal transvaal het Vrydag in die vroeë oggendure met haar sterwende man se kop op haar skoot gesit. Terry-Ann Booysen, woordvoerder…

6) Aangeval en Geroof op die Plaas Rolfontein Naby Amersfoort

January 8, 2015 - AMERSFOORT – Mnr. Kerneels Beukes (42) van die plaas Rolfontein naby Amersfoort, in die Oos-Transvaal, sy vrou Annemarie (42), hul dogter Tanya (16) en ’n kuiergas, Lize Erasmus (16), is…

7) Bejaarde Vrou op Haar Plaas Aangeval en Verwurg

January 7, 2015 - ELLISRAS – Die liggaam van Susan Kotze (76) is Dinsdag in haar plaashuis naby Ellisras in die Noord-Transvaal aangetref nadat sy glo verwurg is. Kolonel Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder van…

8) Graaf Aanval op Bejaarde Man van Harties

January 7, 2015 - HARTBEESPOORT – Ongeveer twee jaar nadat André de Preez (75) en sy vrou Elsabé (70) hul plaas in die Brits-omgewing in Wes-Transvaal verkoop het, is André Sondagaand in sy huis…

9) Man Geskiet Deur Rowers in Kritieke Toestand

January 6, 2015 - KIMBERLEY – ’n Man van Monumenthoogte in die Noord-Kaap is in ’n kritieke, maar stabiele toestand nadat inbrekers hom Maandagoggend in sy huis geskiet het. Chris Jacobs (45), wat in Hugo-straat bly,…

10) Plaasboer Doodgeskiet Tydens ‘n Aanval in Natal

January 5, 2015 - ESTCOURT – ʼn Nege en sestig jarige Boer is Maandag glo op sy plaas in Estcourt van Natal doodgeskiet. Majoor Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die vermeende verdagtes…

11) Aanval op Bejaarde Vrou en Arrestasie

January 5, 2015 - VLAKFONTEIN – In die oggendure van 29 Desember 2014 omstreeks 05:30 het die beheer kamer ‘n oproep ontvang vir hulp in Vlakfontein (Ennerdale) van Sentraal-Transvaal. ‘n Vermeende verdagte het toegang tot ‘n huis…

12) Wreede Panga Aanval op die Plaas Rondebosch

January 5, 2015 - LOUIS TRICHARDT – André Rheeder (47) van Pietersburg wat sy broer Henry Pretorius se plaas Rondebosch in die Noord-Transvaal opgepas het is met ‘n panga aangeval. Die terroriste het met hulle wreedheid…

13) Man is Doodgeskiet Tydens Gewapende Huisroof in Sonlandpark

January 1, 2015 - SONLANDPARK – Die jaar het tragies begin op ‘n baie hartseer noot vir ‘n gesin in Sonlandpark van Sentraal-Transvaal na ‘n gewapende huisroof in die vroeë oggendure. Een man wie…

14) Bejaarde Plaasboer is in die Wes-Transvaal Doodgeskiet

January 1, 2015 - HARTBEESPOORT – ‘n Bejaarde Egpaar het geslaap toe daar op hulle geskiet word deur ‘n kamer venster op ‘n plaas in die Hartebeespoort omgewing van Wes-Transvaal. Blykbaar was die kamervenster op n…

15) Twee Moorde in die Sasolburg Omgewing

January 1, 2015 - SASOLBURG: Twee aanvalle word gelys en albei het in Sasolburg van Sentraal-Transvaal enkele ure uitmekaar plaasgevind. Daar was blykbaar ‘n plaasaanval op 31 Desember net buite Sasolburg omstreeks 9h00 in…

16) Rietfontein Slagoffer Word Ontslaan uit die Hospitaal

December 30, 2014 - RIETFONTEIN – Kevin Martin was sedert 18 Desember, toe hy aangeval is, tot 25 Desember in ’n geïnduseerde koma. Talle steekwonde moes toegewerk word en hy het klein veloorplantings ontvang. Hy…

17) Jong Man Doodgeskiet in die Oos-Kaap

December 29, 2014 - PORT ELIZABETH – Die Port Elizabeth polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat Christo Minnaar (21) van Burke Street, Bloemandal in die Oos-Kaap op Sondag omstreeks 04:30 doodgeskiet is. Kaptein…

18) Hazyview Gesin is Wreed Aangeval Deur Rowers

December 29, 2014 - HAZYVIEW – ’n Gesin van Hazyview, onder wie ’n baba en ’n gestremde bejaarde man, is Saterdagaand aangerand en beroof op ’n plaas in die Kiepersol-omgewing in Oos-Transvaal. Monique Lange…

19) Bejaarde Vrou se Vinger met Byl Afgekap Tydens Roof

December 22, 2014 - BRAKPAN – ‘n Bejaarde vrou se vinger is geamputeer met ‘n byl om haar ringe te steel, al drie bejaardes was vasgebind tydens ‘n huisroof in Brakpan. Kaptein Doniah Mothutsane, polisiewoordvoerder van…

20) Man Oorleef Wonderbaarlik ‘n Aanval in Walkerville

December 18, 2014 - WALKERVILLE – Mnr Sjoerd Alkema (48) van Walkerville, Sentraal-Transvaal, het op wonderbaarlike wyse die dood vrygespring toe ’n gewapende aanvaller sewe skote op hom losgebrand het. Alkema, wat tans met…

21) Bekende Winkel Eienaar is Doodgeskiet in Keimoes

December 18, 2014 - KEIMOES – Jack Adman (43) ’n bekende winkel eienaar in Keimoes, is glo Maandag aand omstreeks 21:00 koelbloedig doodgeskiet. Volgens luitenant Andrea Cloete, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, het twee…

22) Hartenbos Boer Vermoor in Wrede Aanval

December 18, 2014 - HARTENBOS – Freddie Tolman (52) ‘n vark Boer van Hartenbos in die Wes-Kaap het gesterf nadat vyf vermeende verdagtes hom blykbaar Dinsdag in ’n lokval gelei en vermoor het. Hy het…

23) Bejaarde Broers Doodgeskiet Tydens Roof in Elsburg

December 12, 2014 - ELSBURG – ʼn Groep gewapende mans het twee bejaarde broers, wat saam op ʼn erf in Elsburg van Sentraal Transvaal gewoon het, doodgeskiet. Ajudant offisier Andre de Jager, polisiewoordvoerder, het…

24) Naakte Lyk van ‘n Veaarts Gevind in Witrivier

December 10, 2014 - WITRIVIER – Die halfnaakte liggaam van Rensia de Wet (46) ʼn vooraanstaande veearts van Witrivier in Oos-Transvaal is Dinsdag in haar huis op ʼn perdelandgoed naby dié dorp aangetref. De Wet…

25) Kerk Man Dood Aangetref in sy Huis

December 9, 2014 - PRETORIA – Die jarelange werker van die Hatfield Christian Church in Sentraal-Transvaal by Pretoria, mnr Hendrik Retief (53), is Maandag dood aangetref in sy huis. Volgens luitenant kolonel Khensani Magoai, provinsiale…

26) Bejaarde Egpaar Wreed Aangeval in Mosselbaai

December 9, 2014 - MOSSELBAAI – ‘n Bejaarde egpaar van Reebok in Groot-Brakrivier van Wes-Kaap is in die vroeë oggend in hulle huis aangeval is. Die 65-jarige vrou en haar 70-jarige man wie se…

26) Plaasbestuurder Kritiek na ‘n Skietery in Muldersdrift

December 8, 2014 - MULDERSDRIFT – ʼn Plaasbestuurder is in ‘n kritieke toestand en sy vriend is dood geskiet tydens ʼn rooftog Saterdag 06 Des 2014 op ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing. Terry-Ann Booysen, woordvoerder van…

27) Jong Man Genadeloos met Panga Aangeval

December 3, 2014 - WARNER STRAND – Shaun Herbert (21) is Dinsdag 2 Desember 2014 omstreeks 02:20 die oggend aangeval met ‘n panga. Lily Herbert het gesê dat sy, haar man en dogter is…

28) Bekende Plaasboer se Vrou Vermoor in Rawsonville

December 2, 2014 - RAWSONVILLE – Anthea was die vrou van Hennie du Preez, eie­naar van die Du Preez Wynlandgoed op Rawsonville in die Wes-Kaap. Sy is Maandagoggend dood aangetref op hul plaas, De Denne….

29) Pa Skiet Kaper in Ridgeway Aanval

December 2, 2014 - RIDGEWAY – Die gesin van Ridgeway wat uit vrees vir hul veiligheid anoniem wil bly, sê vier verdagte mans het Sondag kort ná 21:00 voor hul hek op hul 22-jarige dogter…

30) Middeljarige Egpaar is Noodlottig Doodgeskiet in Ladysmith

December 2, 2014 - LADYSMITH – Marius Myburgh (42) en sy vrou, Koekie (42), is Vrydagaand oorlede toe rowers hulle glo op pad terug van hul werk in die Ezakheni-nedersetting buite Ladysmith in Natal…

31) Springbok Rugbylegende deur Kapers Aangeval

December 1, 2014 - WATERKLOOF – Hannes Strydom (49) oud-Springbokrugbylegende is in die hoësorgeenheid van ‘n Pretoriase hospitaal met ‘n gekraakte skedel opgeneem ná ses kapers sy voertuig Maandag in Waterkloof met klippe bestook…

32) Boere Oorleef Plaasaanval in Noord-Transvaal

December 1, 2014 - MARBLE HALL- Vriende van Steve Hofmeyer mnr Johan van den Heever (61) en sy vrou Annemarie (61), het ’n aanval oorleef op hulle plaas in die distrik van Marble Hall…

NEEM KENNIS DAT DIE DATUM GEVOEG BY DIE MOORDE, PLAAS MOORDE EN AANVALLE IS NIE DIE BEVESTIGDE DATUM VAN DIE DAG VAN BETROKKE AANVAL NIE MAAR DIE DATUM WAT DIT AAN DIE KOERANT GERAPPORTEER WAS VIR SKRYWE.


Moord en Misdaad Joernalis/Verslaggewer van www.bmarksa.org - Afrikaans Nuusblad (Facebook Bladsy). Binnekort bekend as Die Volksgenoot.
 

Drie Vrystaat-plaasmoorde in 24 uur
Andre Visagie on 01/13/2015 at 5:21pm (UTC)
 Drie Vrystaat-plaasmoorde in 24 uur
Deur Elsje Waldeck Maandag 12 Januarie 2015 2:36 nm.
Drie mense is in 24 uur in twee verskillende aanvalle op plase in die Vrystaat vermoor.
’n Boervrou van Theunissen is Maandag kort ná 06:00 op ’n plaas hier vermoor en haar plaashuis is afgebrand.
Vrystaat Landbou sê die verdagtes het met die vrou se bakkie op die vlug geslaan, registrasienommer CHL097FS, en vuurwapens is uit die huis gesteel.
Die polisie was Maandagmiddag nog op die toneel met spoorsnyers en helikopters om na die verdagtes te soek.
Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou se wet-en-orde-komitee, sê dit is met skok en afgryse wat die organisasie van die voorval kennis neem. Hy het die hoop uitgespreek dat die verdagtes spoedig opgespoor sal word en na behore vervolg sal word. Die organisasie wil weer eens landbouers aanmoedig om na hul eie veiligheid om te sien asook om by veiligheidstrukture in hul omgewing in te skakel.
In die tweede aanval is ’n man en ’n vrou van Bloemfontein na bewering Sondagaand in ’n plaashuis by Bainsvlei, Bloemfontein, vermoor.
Twee verdagtes is Maandagoggend vasgetrek, waarna ’n lang soektog na die twee lyke begin het.
Die lyke is ’n entjie van die plaashuis, waar die moorde vermoedelik gepleeg is, gevind nadat een van die verdagtes die aand se gebeure aan die polisie uitgewys het.
Die man het nie op die plaas geboer nie. Hy het by die Vergezocht-oliemaatskappy gewerk.
Volgens Pierre Hugo, besturende direkteur van die maatskappy, was die man “ ’n baie goeie man, wat hard gewerk het”.
Talle polisiekonstabels en -ondersoekbeamptes was op die toneel om die raaisel op te los.
Die name van die man en vrou kon nog nie bevestig word nie.
GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE SE KOMMENTAAR
Nou raak konflik en weerwraak haas onafwendbaar. Die kameel se rug kan ook net soveel dra, en dan breek hy. Daar was nog nie een plaasaanval waartydens blankes die aanvallers was nie en van die DUISENDE plaasaanvalle was nog nie een persent die slagoffers nie. Dit is nie rassisme nie - dit is ras-moord. 'n Dier se lewe is vir die ANC meer werd as die lewe van 'n Boer, want renosterstropery is 'n prioriteitsmisdaad, maar na vele pleidooie, weier die ANC om plaasmoorde as 'n prioriteitsmisdaad te klassifiseer!! Die Boere woon al meer as drie en 'n half eeue in hierdie vaderland van ons, tog het 'n Chinese immigrant wat net drie jaar hier woon, meer regte as 'n witman in hierdie land, want 'n Chinees kwalifiseer 100% vir BEE in Suid-Afrika. Die regering laat die blanke in SA met net drie keuses - (1) Eis en verkry 'n eie grondgebied met selfbeskikking, ingevolge art 235 in die grondwet wat ons die reg gee om dit te doen, (2) wag vir jou beurt om vermoor te word of (3) moor die moordenaars uit voordat hulle verder Boerevolksgenote met grusame barbaarse wraakmoorde uitwis. Die keuse moet ongelukkig BAIE vinnig gemaak word, want ons nader bitter vinnig die punt van verlies aan volksgenote (weens moorde en emmigrasie) waar ons nie meer weerstand sal kan bied nie en soos slawe in Zimbabwe dieselfde waarde as 'n stuk lewelose materie het, OMDAT DIE KLEUR VAN ONS VEL NIE SWART IS NIE!!
 

Andre Visagie
31 December 2014 at 00:00 on 01/04/2015 at 4:08pm (UTC)
 Government ‘loses’ R35 billion more than last year to irregular spending

Government ‘loses’ R35 billion more than last year to irregular spending
28
Nov, 2014
by Gerhard Jacobs in NEWS
Font size -16+
More then R62 billion is unaccounted for in the last financial year, according to Auditor-General Kim Makwetu… that’s a whole lotta Nkandlas!


inShare
10
Sketchy spending of public money by national and provincial government departments soared from R27 billion in the 2012/13 financial year to more than R62 billion in the 2013/14 financial year. That’s a hell of a lot of money to be wasting folks.

Problem is, they’re not just wasting any money on fast food, expensive cars, irregular tenders handed out to their mates and porn downloads; they’re wasting OUR money.

This was revealed in auditor-general Kimi Makwetu’s report for the 2013-2014 financial year, which was tabled in parliament yesterday. Yes, the ANC and EFF found time to calm down for a moment so that some actual work can be done before year-end.

The report clearly shows that “72% of government departments and public entities were ignoring or not complying with laws that govern the spending of taxpayers’ money, such as the Public Finance Management Act.”

“It was worrying that 309 national and provincial government departments and entities were responsible for R62.7-billion in irregular expenditure, which meant there had been deliberate flouting of the law for what could be sinister reasons,” said Makwetu.
Makwetu singled out Limpopo, KwaZulu-Natal, Gauteng and the Eastern Cape as the big spenders, with their combined wastage and theft sitting well over R10 billion.

The besieged Department of Transport and its National Roads Agency accounted for more than R3-billion in irregular spending. Ai toll… I mean, tog.

Of all the municipalities and provinces audited, only 119 departments and public entities received clean audits in the past financial year; with the Western Cape coming out as the most effectively run province in South Africa.

Laat diegene wat met hierdie skuim in een land wil woon so doen - die Boere gaan waai en op hulle eie saam met mense woon wat gerespekteer kan word in 'n land waar leiers en persone in hoe posisies gerespekteer word en nie uitgelag word nie!!
 

Broederbond: Bouers en Brekers
By Elsa Muller on Monday, 2 April 2012 at 08:25 on 01/04/2015 at 3:41pm (UTC)
 Die Kissinger-konneksie



Nie alleen Rusland en China nie maar ook Westerse lande het die ineenstorting van die blanke

regering in Rhodesië bewerkstellig, maar niemand het waarskynlik ’n groter rol gespeel in die

val van die Ian Smith-regering as Henry Kissinger, die destydse Amerikaanse minister van buitelandse sake. Twee Broeders, John Vorster en Pik Botha, het gehelp om die pad vir Kissinger oop te maak.

Botha het Kissinger dikwels in Washington besoek, waarskynlik om Suid-Afrika se houding jeens Smith te bespreek en ook Suid-Afrika se beleid van détente wat deur Vorster in die lewe geroep is om swart Afrika te paai en “tyd te koop” vir die instelling van binnelandse beleidsveranderinge

wat uiteindelik tot FW de Klerk se politieke verraad gelei het. Vorster het dan ook by geleentheid

gesê dat Kissinger die grootste politieke figuur is wat hy ooit ontmoet het. Miskien het Vorster nie

kennis gedra van Kissinger se beweerde verbintenisse met die kommunisme nie. Dit is egter verstommend dat Vorster sy gewig agter Kissinger ingegooi het in verband met Rhodesië, veral nadat Suid-Afrika sy noordelike buurland met mannekrag en wapentuig gehelp het in sy stryd teen

terrorisme.

Vorster en Botha is twee Broeders wat ongetwyfeld nog in die geskiedenis hul plek sal inneem

as verraaiers van die christen-blanke se saak in Suider-Afrika. In sy memoirs wat in 1997 die lig gesien het met die titel The Great Betrayal het Ian Smith daarop gewys dat Vorster hom in 1974 in kennis gestel het dat Kenneth Kaunda en ander Afrika-leiers ’n boodskap aan Pretoria gestuur het en die regering gevra het om hulle by te staan in die soektog na ’n skikking in die Rhodesië kwessie. In ruil daarvoor sou hulle Suid- Afrika met sy beleid van apartheid aanvaar. Mettertyd het Suid- Afrika ook Rhodesië se hakkejag-operasies oor die grens in Mosambiek bevraagteken omdat dit Suid-Afrika se beleid van détente sou benadeel. Rhodesië en Suid-Afrika se gesamentlike operasies is volgens Smith daardeur in die wiele gery en hy het die Vorsterregering se optrede in dié verband as slinks en as ’n taktiek bestempel omdie terroriste tevrede te stel. Dit het hom moedeloos en swaarmoedig gestem

Volgens Smith het Suid- Afrika ook die voorsiening van ammunisie, brandstof en vliegtuig-onderdele vertraag wat veroorsaak het dat daar voortdurend versoeke daarvoor aan die Suid-Afrikaanse regering gerig moes word. Die Suid-Afrikaanse veiligheidshoofde was self ongelukkig oor dié optrede en Rhodesië het dit beskou as maatreëls om Rhodesië te laat verstaan dat hy afhanklik van Suid-Afrika is en om te verseker dat Smith se magte na Vorster se wense optree.

Op 9 Augustus 1976 het Smith se troepe ’n geslaagde aanval op die terroriste-kamp Nyadzonya

gedoen. Sowat 500 terroriste van die kamp sowat 50 myl oos van Umtaliis doodgeskiet. Dit het

egter nie Vorster se goedkeuring weggedra nie. Die Rhodesiese ambassadeur, Harold Hawkins,

is na Vorster se kantoor ontbied en meegedeel dat Vorster twee van Smith se kabinetslede, David

Smith en Roger Hawkins, teen aanvalle van dié aard gewaarsku het. Smith en Hawkins het egter ontken dat Vorster soiets aan hulle genoem het. Hulle sekretaresse se notules het dit glo bevestig.

Suid-Afrika se helikopterspanne wat Rhodesië in sy stryd bygestaan het, is hierna onttrek, maar

Vorster het volgehou dat hy nie druk op Rhodesië oor sy buitelandse beleid

wil plaas nie. Volgens Smith het die Amerikaanse regering ná die onttrekking van sy steun aan Suid-Afrika in die Angolese stryd gepoog om die Vorster-regering se détente-beleid in Suider-Afrika te steun. Vorster het glo op ’n keer in ’n gesprek met Smith in

Pretoria gesê as dit nie vir détente was nie sou hul gesprek nie plaasgevind het nie. Smith het egter daarop gewys dat die Vosterregering volgens Rhodesië nie ’n vaste langtermynbeleid gehad het nie. Die eendag het Vorster détente gepraat maar die volgende dag is die swart regerings gedreig.
 

<-Back

 1  2 Continue -> 







WESKAAP

G R

BENONI / BOKSBURG

NUUSBLAD


GOOGLE BLOG

V S

GELOFTEVOLK 777
FRIENDS WORLD WIDE








GR BOTSWANA


Google Gmail Blogger Google+ Facebook Twitter Addthis
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free