http://geloftevolkrepublikeinegermany.page.tl/




Die Geloftevolk Republikeine verklaar

ONS GLO
in God die Almagtige,- Skepper van hemel en aarde;
in die Wet van God as riglyn om gelykvormig te word aan Sy Seun;
en bely dat die God van Abraham, Isak en Jakob, ons God is en dat Sy Seun vir ons sondes gesterf het, sodat ons vir ewig kan lewe in liggaam en dan in gees;

dat ons die reg het om ons God, ons volk en ons kultuur binne ons eie vaderland te dien en oor onsself te regeer;
en ons ag onsself gebonde aan die Gelofte van Jan van Riebeeck, van Bloedrivier en van Paardekraal wat deur ons voorvaders afgelê is;

dat ons volk in Suid Afrika se veelvolkige verkiesings net van een gevolg seker is – naamlik dat daar nie eens die geringste kans is om te wen, sodat ons volk se belange kan voorrang geniet nie;

dat ons onsself moet voorberei teen die dreigende en toenemende aanslae op die lewens van ons Boervolksgenote en ons Boervolk se voortbestaan, sodat ons onsself kan verdedig in die Naam van ons God;

dat die verlede bewys het dat ons, die Boervolk, in staat is om oor onsself te regeer in ‘n soewereine staat en dat slegs die vernietigingsdrang en die hebsug van die huidige regering, in ons pad staan om ‘n eie vaderland te verkry;

dat ons geroepe is om ons Boervolk uit te lei uit die misdaad nes waarin die Boervolk homself bevind;

dat ons krag in die eerste instansie in ons Skepper lê en dat slegs ‘n gesamentlike poging van al ons volksgenote om ons Boervolk te bevry (van die juk van die vreemde volke onder wie se heerskappy ons staan), ons vryheid kan bewerkstellig.



Afrikaans Die taal wat ek liefhe, Afrikaans Die taal wat ek praat Afrikaans Die taal waarin ek dink, Afrikaans Die taal waarin ek droom Afrikaans Die taal van my hart, Afrikaans Die taal wat ek koester Vir nou en altyd Afrikaans Jy is myne Afrkaans, Jy is nou Afrikaans, Jy is besonders Afrikaans Jy is uniek Afrikaans, Jy is getrou Afrikaans: My denke My wese My lewe!
   
    
Wie is die “Geloftevolk Republikeine”

Ons is die enigste volk wat met ons Hemelse Vader geloftes gesluit het – vandaar die naam Geloftevolk Republikeine.

Die Geloftevolk was in die verlede, maar bly ook in die toekoms verbind met die Skepper van Hemel en aarde; die God van Abraham, Isak en Jakob.

Ons herdenk en kom die geloftes wat ons voorvaders, die Boervolk, met ons God aangegaan het na, naamlik :

Die gelofte van Jan van Riebeeck - 6 April 1654
Die gelofte van Sarel Cilliers - 9 -15 Desember 1838
Die gelofte van Paardekraal - 11 Desember 1880

Geloftevolk Republikeine is ‘n volk in eie reg met sy eie taal, eie godsdiens en eie kultuur en sal vreesloos op elke manier denkbaar volhard om te veg vir die soewereiniteit en voortbestaan van die Boervolk. Unieke eienskappe van Die Boervolk is ‘n ewigdurende geloof en nouste verbintenis met God, gasvryheid, vriendelikheid, toewyding, vredeliewendheid, streng dissipline, 1ste wêreld standaarde, streng beskaafde etiese norme en morele waardes getrou aan uit die Heilige Skrif en ‘n onblusbare strewe na vryheid sodat die Boervolk oor homself kan regeer in ‘n eie vaderland.

WELCOME TO THE GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE GERMANY .. A HOMEPAGE TO SHARE TO THE VOLK AND DIE GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE IN SOUTH AFRICA..VIR GOD..VOLK en VADERLAND .
 
Die Geloftevolk Republikeine erken elke volk se reg op selfbeskikking en eis dit ook onwrikbaar ten opsigte van die Boervolk. Geloftevolk Republikeine sal hul NOOIT vereenselwig, of tuis voel nie in ‘n land van moord (in SA 50 mense per dag), die barbaarse, onbeskaafde wreedheid van plaasaanvalle, toenemende verkragtings, roof, huisbraak, korrupsie, wetteloosheid, miskenning van wettige eiendomsreg, SA se status van misdaadhoofstad van die wêreld en kwynende infrastruktuur wat duidelik die seën en goedkeuring van die etniese volke in Suid-Afrika wegdra, maar onaanvaarbaar is vir ‘n ontwikkelde volk soos die Boervolk.




Die meer as ‘n miljoen volksgenote van die Geloftevolk wat sedert 1994 uit SA gevlug het, is ‘n tragiese verlies van kundigheid vir die Boervolk. Geloftevolk Republikeine is verbind tot die versorging van die 600 000 volksgenote wat werkloos in plakkerskampe sonder werk verhonger. Daardie mense bly bloed van die Boervolk se bloed en hulle is die naaste en volksgenote van die Boervolk, totdat hulle uit vrye keuse by ‘n ander volk aansluit.



Indien daar Afrikaners/Afrikaanses is wat hulleself beskikbaar stel vir assimilasie in die Suid-Afrikaanse nasie wat “in aanbou” is, staan dit hulle vry om, (soos wat enige persoon die reg het) self te besluit waar en in watter omstandighede hy/sy wil woon en waar burgerskap aanvaar word. Geloftevolk Republikeine streef die herstel van ‘n vrye Boere- Republiek na -‘ n eie land waarin die Boervolk homself kan regeer, sy eie hoë standaarde kan instel, sy eie waardes kan uitleef en die Boervolk se voortbestaan noodwendig volgens die beginsels en riglyne van die Heilige Skrif, kan uitbou.


Die Geloftevolk Republikeine is trots op die Boervolk se roemryke volksgeskiedenis en is nie bereid om die hand van God te misken in al die veldslae wat met Sy hulp gewen is deur die Boervolk se voorvaders nie. Soos die republikeine weggetrek het uit die Britse onderdrukking in die Kaap (1837), soos die republikeine in twee vryheidsoorloë geveg het teen besetting deur imperiale kolonialiste, soos republikeine in 1948 die oorwinning behaal het by die stembus, so sal die Geloftevolk Republikeine ywerig en doelgerig werk om onder die gesag van vreemde volkere uit te kom en die verwesenliking van soewereiniteit/selfbeskikking vir die Boervolk met toewyding en vasbeslotenheid, volhardend vasberade te bewerkstellig.





Enter Website







 



Rooigrondtronk

Drie uur smidags, 'n bietjie voor afhoktyd
staan ons in twee rye, en word soos skape getel
daarna agter traliehek en staaldeur toegesluit
en droom ek alleen tot die môre in my sel

Soos soggens, die middag ook pap
maar dan styf met 'n lepel vaal geel sop
dit met hom tot ons môre weer in rye uitstap
met leë maag en vol weemoed krop

Dit is melktyd op die plaas
netnou huppel die kalwers vry oor die veld
maar hier, die skor gemor van bandiete en blikborde wat raas
as hulle sing van slappap en flou poeiermelk

Halt, nie 'n tree verder gaan
die drade, elektries gelaai
laat jou stom stilstaan
en jy moet omdraai

Omdraai, na wat –
'n sel met diefweer vensters
'n Potplant, jou duurste skat
en jou hart op die vuil vloer, flenters!!

Hulle het aan die rowe gekrap
wat tyd probeer heel
maar agter seldeure, toegeklap
kan wat gebreek het, nooit weer heel
Dwaalster
Tussen volmaakte sterre
Hang 'n goudkleur maan
En ek grawe na herinneringe diep gebore
Na die dwaalster se ontstaan

In watter vreemde nag
Het die skitter ster uit sy baan
Met groter glimkrag
Sy eie koers gegaan

Dwarsoor die melkweg se wit
Het hy gillend en glimmend gegly
In sy afdraande rit
By planete en sterre verby

Op die rand van die afgrond
Het Hy gestaan
Met hande deur spykers verwond
En Hy gryp my, want ek wou saam


Hy Hou Wag
Hy kan nie weet
Toe die sleutel se tong
In die slot se gleuf steek
God wag in die sel vir hom

Weerloos teen die hande
Wat donker, dom na hom tas
Sny die sel se slot die bande
Met dit wat eens hý was

In die grysgerookte hok
Waar die stank van mense sweet
En groen tabak rou skok
Het hy ook nie van God geweet

Eers later die nag
Het hy geweet
God hou wag
Oor hom en die stomme leed

Snags in die stinkende donker gang
Weerlig die bitter weet deur my hart
Laat staan die verlang


  News    The Magazine    GR Links    Ons Gelofte    Heldesaal  Events  Blogs  Facebook 
Site Index Geloftevolk Republikeine Guestbook Boere Raad Global



Sites About  Contact    Home  Youtube Maps & Globes   Polls  Petitions 
Loof en Prys 
Toplist  Radio Eendrag    Safety Hints    EugeneTerre Blanche
 
Terms of Use   Privacy Policy    Advertisers    Radio Eendrag Newspaper

ALL RIGHTS RESERVED TO Geloftevolk Republikeine Germany TILL 2018

geloftevolkrepublikeinegermany.page.tl

 


Flag Counter

Flag Counter